Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop is 'n rare en versoenende bundel van "Bantoe" keurverhale uit 1955.
Franz, G. H.; Harris, M. J.; van den Heever, Toon; Friedenthal, J. M.; Gronum, C. F.; Gronum, M. A.; Bruwer, J.; Venter, F. A.; Pirow, O.; Schoeman, P. J.; van den Heever, Kootjie; van den Heever, C. M.; van Bruggen, Jochem; Brownlee, Frank
07-0302
nicht mehr lieferbar
gebraucht
29,95 € *

Titel: Mooi Loop
Subtitel: Keurverhale
Skrywer: sien inhoud hieronder
Uitgewer: Afrikaanse pers-boekhandel
Johannesburg, Suid Afrika 1955
Hardeband, 14 x 22 cm, 100 bladsye

Toestand:

Goed. Binne 'n handgeskrewe naam inskrywing en skoon.

Uit die einleiding:

Hierdie bundel "Mooi Loop: Bantoe Keurverhale" dra ook die mooi titel ontleen aan die Bantoe se afskeidswens, "Hamba Kahle", wat beteken Mooi Loop wat oortgelyk is aan ons eie „voorspoedige reis"! Indien hierdie bloemlesing by ons lesers, hoofsaaklik die jong lesers, 'n lus verwek om nie alleen die boeke te lees waaruit hier geput is nie, maar ook ander waardevolle boeke oor die Bantoe te lees, dan het die boek 'n groot diens aan die Afrikanervolk gelewer. Professor G. Dekker het die volgende raak stelling gemaak oor die ontwikkeling van letterkundige boeke in verband met die nie-blankes, hoofsaaklik die Bantoe, by ons Afrikaanse skrywers: „Dat met die ontluiking van ons prosakuns in die twintigerjare, met die groei van die drang tot mensbeelding en van die waarneming van die tipiese in eie milieu, die naturel wat reeds vanaf 1907 plastiese maar ook psigologiese objek was van die beeldhouer Anton van Wouw, ook ons skrywers sou begin boei, was te verwagte.

Tog groei dit maar langsaam. Dis of ons kunstenaars te seer in beslag geneem is deur ons eie sosiale, ekonomiese, kulturele en staatkundige probleme van armblankedom, verstedeliking van die Afrikaner, ontwakende indiwidualisme, strewe na volkome selfstandigheid op elke gebied, om te besef watter integrale deel van die blanke se konflikte die naturel vorm." Dan haal Professor Dekker aan uit 'n toespraak van N. P. van Wyk Louw: „Die naturel en die Kleurling het ons nog skaars raakgesien, ons het hulle so effens as vyande beskrywe, toe weer later simpatiek-humoristies vanuit die burgerlike standpunt gesien, maar hulle moet nog in ons literatuur verskyn as mense, in boeke wat nie met eenvoudige ,oplossinkies' kom nie, maar met die ganse lus van die noodlot van ons nasie."

Inhoud: Mooi loop. Bantoe-keurverhale

Inleiding (G. H. Franz)
Hoofstuk Bladsy
Mbabala, die bosbok (Frank Brownlee)
En Abel het ouderling gebly (G. H. Franz)
Bruisende waters (M. J. Harris)
Outa Sem en Vader Krismis (Toon van den Heever)
Izinyanga (J. M. Friedenthal).
Moekweppa hou katkisasieklas (C. F. Gronum; M. A. Gronum)
Die dood van die Mamba (J. Bruwer)
Erosie (F. A. Venter)
Die Toorkalbas (O. Pirow)
Krokodiljag (P. J. Schoeman)
Jurgie en Dassievel (Kootjie van den Heever)
Outa Frans se laaste trek (C. M. van den Heever)
Ou Frans se laaste gang (Jochem van Bruggen)