Es befinden sich keine Artikel im Warenkorb
Weitere Empfehlungen zu Mense van my asem
At the front. A general’s account of South Africa’s bord...
Patrisiërs & prinse. Die Europese samelewing en die stigtin...
To the bitter end. A photographic history of the Boer War 18...
Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal
Skryver: Steve Hofmeyr
Uitgewer: Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2008
ISBN 9781770220492
Sagteband, 15x23 cm, 432 bladsye
Beskrywing:
Hierdie is Steve Hofmeyr se lewensverhaal, in kenmerkende trant vertel: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op 'n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat 'n groot impak op hom gehad het.
Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê - sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, 'n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Mense van my asem gee 'n boeiende - en soms skokkende - kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.
Oor die skryver Steve Hofmeyr:
Steve Hofmeyr is een van die gewildste verhoogkunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur is hy ook bedrywig in aktuele en kulturele kwessies. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in die TV-reeks Agter elke man en verskeie films en sepies. Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder andere van die ATKV vir sy onderhoudvoering in die kykNET-reeks Dis hoe dit is, van EMI vir CD-verkope na aan twee miljoen en van SAMA vir die grootste verkoper in Suid-Afrika in alle genres.
Auszug aus diesem Buch:

