Lukas, die geliefde geneesheer

Lukas, die geliefde geneesheer is ’n goed nagevorsde roman wat ’n geloofwaardige verhaal rondom die figuur van Lukas opbou.
Prinsloo, Louise
26035
9781869193706
sofort lieferbar
neu
15,80 € *

Outeur: Louise Prinsloo
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2010
ISBN: 9781869193706
Sagteband, 13x21 cm, 288 bladsye, Afrikaans


Beskrywing:

Min geskiedkundige feite oor die Evangelieskrywer Lukas is bekend, maar in hierdie goed nagevorsde roman word ’n geloofwaardige verhaal rondom die figuur van Lukas opgebou. In die eerste deel word Lukas se opleiding as geneesheer en die algemene toestande in die gebied rondom die Middellandse See onder die heerskappy van die Romeinse keiser Tiberius uitgebeeld.

In die tweede deel kom Lukas se eerste kennismaking met die apostel Petrus en die eerste Christene in Palestina ter sprake. Lukas se aantekeninge van die vertellinge van die Christene oor Jesus sou later dien as basis vir die Evangelie volgens Lukas. Hy ontmoet ook vir Saulus, wat toe nog bekend was as meedoënlose vervolger van die Christene. Soos Lukas, kom Saulus egter tot bekering en wanneer hulle paaie weer kruis, sluit Lukas by Saulus/Paulus aan op sy sendingreise.

In die derde deel van die roman besoek Lukas verskeie plekke saam met Paulus en vergesel hom uiteindelik na Rome nadat hy hom in Jerusalem op ’n verhoor deur die Romeinse keiser beroep het. Ná Paulus se teregstelling is Lukas aanvanklik doelloos, maar kom dan tot die besef dat sy eintlike lewenstaak die beskrywing van die lewe van Jesus en van die handelinge van die apostels is.