Loeloeraai

Die roman Loeloeraai, wat 1923 verskyn het, was die eerste van ruimte-eeuse wetenskapfiksie in Afrikaans.
07-0343
nicht mehr lieferbar
gebraucht
19,95 € *

Titel: Loeloeraai
Skrywer: C. J. Langenhoven
Genre: Wetenskapsfiksie
Uitgewer: Nasionale Boekhandel
13e druk. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg in Suid-Afrika, 1959
Oorspronklike hardeband, 13 x 18 cm, 143 bladsye

Toestand:

Die skutblad se hoek bo is uitgeknip, verder in goeie tostand.

Uit die inleiding:

C. J. Langenhoven was die eerste skrywer van ruimte-eeuse wetenskapfiksie in Afrikaans. Sy verhaal, Loeloeraai, wat in 1923 verskyn het, het die kinders van daardie dae gaande gehad met die gedagte dat 'n besoeker uit die buitenste ruim in 'n ruimteskip op Oudtshoorn kon land. Dit is die verhaal van Loeloeraai, die man van Venus, wat met 'n ruimteskip by Arbeidsgenot, die woning van die Langenhovens, land en 'n tyd lank by Kerneels, Vroutjie en Engela tuisgaan. Hy is vriendelik en flink van begrip en Engela leer hom Afrikaans praat. Na 'n tydjie hoor die plaaslike landdros van die vreemde besoeker sonder toegangspermit of paspoort, en Loeloeraai besluit om maar eerder die aarde te verlaat. Hy neem egter eers die familie op 'n reis na die maan.

Inhoud: Loeloeraai

Twee Besoekers
Twee Leerlinge
Sware Verantwoordelikheid
Afspraak vir 'n Tremreis
Belemmerings
'n Hoë Bod
'n Smeekstem om Hulp
Twee Verowerings Nodig
Afskeidstoesprake
Takhaar-Opleiding
Die Aarde van uit die Hemel
Die Afgronde in
Afgesonderde Lewe
Vaarwel
Aanhangsel

Auszug aus diesem Buch: