Joernaal van Jorik

Joernaal van Jorik is die beroemde Afrikaanse epos van 'n Soviet spioen wat na Suid-Afrika gestuur word, waar hy ver van alle hulp op sy eie aangaan.
07-0332
0624024717
sofort lieferbar
gebraucht
9,95 € *

Titel: Joernaal van Jorik
Skrywers: D. J. Opperman
Uitgewer: Tafelberg Uitgewer
Negende druk. Kaapstad en Johannesburg, Suid-Afrika 1972
ISBN 0-624-02471-7 / ISBN 0624024717
Oorsponklike hardeband, 14 x 22 cm, 62 bladsye

Toestand:

Naam op eerste bladsy. Interessante potlood notas dwarsdeur boek.

Beskyrwing:

Joernaal van Jorik is 'n vyfdelige epiese gedig in kwatryne met gekruiste rym. Die gedig handel oor die geskiedenis van Jorik wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in 'n duikboot as spioen in Kaapstad aankom. Hy leer die land en sy mense, sy verskeidenheid landskappe en kontraste ken en raak verstrik in die politieke situasie en lewenswyse van Suid-Afrika. Die boek bevat die kapitel Duikboot, Kamera, Granaat, Beuel.

Uit die kapitel "Duikboot":

Waar Warrelwinde uit naghemels maal
en waaireëns oor die see uitsak, verlig
die magnesiumdraad van 'n weerligstraal
'n duikboot wat soos die aarde verdig

uit die baaierd beweeg. En vóór die vloed
van golwe hom raak, klap die staalluik
toe, en hy kantel sy vinne en snoet
skuins in die skuimende waters - duik

met 'n borrelbaan langs kuwe en kante
deur die reie vlugtende engelvisse
tussen heup en heup van twee vastelande
in 'n waterbuik se geheimenisse

bo die kopbeen en die gebarste klok
van matrose en ryke lankal vergaan;
maardie see is 'n ewige eierstok
en ryke groei met die groeiende maan. [...]

Auszug aus diesem Buch: