In sneeu geskryf

François Loots lewer met In sneeu geskryf weer ‘n belangrike roman, juis in ‘n tyd dat die gaydebat voortgesit word.
26197
978-1-4152-0743-7
sofort lieferbar
neu
22,50 € *

Titel: In sneeu geskryf
Skryver: Francois Loots
Genre: Roman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207437 / ISBN 978-1-4152-0743-7
Sagteband, 13 x 21 cm, 376 bladsye, Afrikaans

Beskrywing:

In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se arms teen die Siberiese winter en die bloedige opmars van die Rooi Leër. Dekades later, op ’n kontinent duisende kilometers ver, verruil jong Heinrich sy sukkelbestaan in ’n Karoo-dorpie vir die kitsrykdom wat ’n somer by Sizzler’s, ’n bordeel in Seepunt, hom beloof. Hier werk hy saam met Stallion, Randy en Cool Daddy. Vir sy kliënte is hy “Frikkie”, ’n boerseun wat hul wildste fantasieë waar maak. Wanneer ’n kliënt een aand vir hom ’n gedig oor sneeu voordra, ruk hy Heinrich aan die hart. Later loop Heinrich dié man, Bertus, in ’n kuierplek raak waar die ouens van Sizzler’s uithang. Wat hulle twee nie weet nie, is dat die kelner wat vir hulle shooters aandra, teen ’n waansinnige moorddadigheid in sy eie kop baklei. Die ware Sizzler’s-moorde van 2003 vind op besondere wyse neerslag in François Loots se verhaal. In sneeu geskryf knoop die lotgevalle van uiteenlopende karakters vernuftig saam, hartverskeurend, koelbloedig en anderkant die grense van ruimte en tyd.

Auszug aus diesem Buch: