Geknelde Land

Die Suid-Afrika roman Geknelde land speel op die oosgrens af waar die grensboere en Xhosas teen ongeveer 1834 in oorlog gewikkel is.
Venter, F. A.
26056
978-1-4853-0727-3
sofort lieferbar
neu
24,80 € *

Titel: Geknelde Land
Skrywer: F. A. Venter
Genre: Roman
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, Suid-Afrika 2017
ISBN 9781485307273 / ISBN 978-1-4853-0727-3
Sagteband, 14 x 22 cm, 327 bladsye

Oor die roman Geknelde Land

"Hierdie trekgedoente is sommer 'n swaeldamp," sê Tobias. "Hulle sal gouer oor die rivier terug aangesit kom as wat hulle daaroor getrek het. Dit is net die stoepsitters en pam-poenvreters wat agter die luilekkerland aan is." Dit is 1834 op Grensplaas in die Koonapvallei. Oosgrensboer Rudolf Dreyer is onrustig. Moeilikheid broei in die skaduwee van die Amatolas. Hul perde is weg en daar is vuurseine teen Winterberg. Die Xhosas kom. Nadat die Dreyer-gesin 'n nag van verskrikking en lewens-verlies beleef, moet hulle besluit: Gaan hulle trek oor die Groot-rivier waar groter vryheid moontlik op hulle wag? Die vraag om te trek of nie is die spil waarom Geknelde land draai. Francois (Frans) Alwyn Venter (1916-1997) is op 27 November op Hopetown gebore. Hy gaan skool op Vioolskraal, Strydenburg en Hopetown en studeer later in die letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Geknelde land verskyn in 1960 en is die eerste boek in F .A. Venter se gewilde tetralogie oor die geskiedenis van die Groot Trek. In 1961 ontvang F. A. Venter die Hertzogprys vir Geknelde land en Swart pelgrim.

Auszug aus diesem Buch: