Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957

Die boek Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957 is 'n deel van die stel Versamelde Werke van C. M. van den Heever wat nog agt dele meer insluit.
Nienaber, G. S.; Malherbe, D. F.; Malherbe, F. E. J.; Dekker, G.; Haarhoff, T. J.; Solz, Maura; Demédts, André; van Heerden, W.; Hattingh, S. C.; Schoonees, P. C.; du Buson, M. S.; Kempen, W.; du Plessis, I. D.; Lategan, F. V.; de Villiers Pienaar, P.; va
07-0328
nicht mehr lieferbar
gebraucht
49,95 € *

Titel: Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957
Skrywer: D. F. Malherbe; F. E. J. Malherbe; G. Dekker; T. J. Haarhoff; Maura Solz; André Demédts; W. van Heerden; S. C. Hattingh; P. C. Schoonees; G. S. Nienaber; M. S. du Buson; W. Kempen; I. D. du Plessis; F. V. Lategan; P. de Villiers Pienaar; Jaco van der Merwe; B. Kok; P. D. van der Walt; T. J. Heyns; A. H. Murray; M. P. O. Burgers; J. J. Kruger
Uitgewer: Afrikaanse Pers Boekhandel
Johannesburg, Suid-Afrika 1957
Oorsponklike hardeband, 14 x 21 cm, 392 bladsye, swart en wit fotos

Toestand:

Goed. Die hardebande het 'n paar merkies aan en swart merkies aan die agterkant. Die teks is skoon en die binding goed.
Skaars.

Uit die voorwoord tot die Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957:

Hoewel my vanjaar 'n hele aantal vriende ontval het, opmerklik genoeg vanweë die onverwagtheid daarvan, was die heengaan van C. M. van den Heever as figuur in ons volkslewe vir my die swaarste, gesien sy betreklike jonkheid en vrugbaarheid, waar hy gestaan het in so onmisbare verband met ons ontluikende kultuurekspansie. Veral in hierdie tyd van moedswillige bravado is ons verlies te meer te betreur, omdat hy 'n behoudende krag was, ingebed in die goeie van wat ons oorgelewer is. Want geen volk kan straffeloos sy tradisie negeer nie. Die waardige van 'n volkstradisie spoel deur die hede, 'n onkeerbare stroom wat eindelik die ondeugdelike as slyk op sy oewers laat verbleik. In sy laatste jare het hy hom ingespan vir die bevordering van die goeie boek, die ordentlike boek, die skoon boek sowel as vir die edele in ons tydskriflektuur, soos dit in ons taal gefigureer het, maar sy spatsels en ontsierende hale gekry het en daarmee die goeie smaak bederwe het. Behoudend wou hy wees om die eerbied te bewaar, hoë deug van 'n beskawing, standhoudende wortelkrag, eerbied vir die skone, eerbied vir die heilige, eerbied vir lewe en dood, eerbied vir die verhewene, eerbied vir die foute en feile selfs van jou naaste, eerbied vir suiwer menslikheid, eerbied vir die onverstaanbare, vir die misterieuse kragte waarvan jy soms skimagtige verskyninge gewaar, almal dinge wat met sy grypinge van die werklikheid deurskemer in sy werk.

Inhoud: Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957

DIE MENS EN SY KUNS
1. Iets oor C. M. van den Heever en sy werk: D. F. Malherbe
2. Christiaan Maurits van den Heever: G. Dekker
3. Gedagtes oor C. M. van den Heever en sy werk: T. J. Haarhoff
4. My vader soos ek hom geken het: Maura Solz
5. C. M. van den Heever ter Gedachtenis: André Demédts
6. Die Denker: W. van Heerden
7. Mens en kunstenaar: S. C. Hattingh
8. C. M. van den Heever as prosakunstenaar: P. C. Schoonees
9. Kritiese werk: G. S. Nienaber
10. Ons grootste metafisiese digter: M. S. du Buson
11. Op Taalwag: W. Kempen
BOEKRESENSIES VAN C. M. VAN DEN HEEVER
1. Stemmingsure: P. C. Schoonees
2. Op die Plaas: P. C. Schoonees
3. Die nuwe Boord:; I. D. du Plessis
4. Langs die Grootpad: P. de V. Pienaar; F. V. Lategan
5. Droogte: G. Dekker
6. Deining: F. E. J. Malherbe
7. Die digter Totius: P. de V. Pienaar
8. Simson: Francois Malherbe
9. Groei: P. de V. Pienaar; G. Dekker
10. Vuurvlieg en Sterre: G. Dekker, F. V. Lategan
11. Die Afrikaanse Gedagte: F. E. J. Malherbe
12. Somer: G. Dekker; P. C. Schoonees; F. E. J. Malherbe; Jaco van der Merwe
13. Kromburg: W. van Heerden; P. C. Schoonees
14. Kruispad: G. Dekker
15. Aardse Vlam: G. Dekker
16. Laat Vrugte: P. de V. Pienaar; G. Dekker; Jaco van der Merwe; T. J. Heyns
17. Gister: P. C. Schoonees; F. V. Lategan
18. Die Stryd om Ewewig: A. H. Murray
19. Van Aangesig tot Aangesig: M. P. O. Burgers; J. J. Kruger
20. Nooit!: G. Dekker; M. P. O. Burgers
21. Generaal J. B. M. Hertzog: E. G. Jansen
22. Anderkant die Berge: M. P. O. Burgers
23. Versamelde Gedigte: G. Dekker
24. Kringloop van die Winde: P. C. Schoonees; B. Kok
25. Woestynsand dek die Spore: L. C. Bruwer
26. Mens en Woord: M. S. B. Kritzinger
27. Die Held: M. S. B. Kritzinger; S. C. Hattingh
28. Marthinus se Roem: Tj. Buning
29. Jeug: P. C. Schoonees
30. Die Laaste Baken: E. A. Venter
31. Vannag kom die Ryp: P. C. Schoonees
32. Dirk se Oorwinning: C. W. Hudson
33. Delwer en Sif: B. Kok
34. Swaard van die Oomblik: B. Kok; P. D. van der Walt
35. Honderd Sonnette: S. C. Hattingh
36. Beelde in die Stroom: S. C. Hattingh
BIBLIOGRAFIE
1. 'n Uitgesoekte Bibliografie: Yvonne Garsson
2. Gedigte en Verhale in Tyd-skrifte en Koerante: P. J. Nienaber
3. Kritiese werk: P. J. Nienaber
4. Boekbesprekings: P. J. Nienaber