Emma en Nella

Emma en Nella is EKM Dido se sesde roman. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.
Dido, EKM
26092
978-1-4152-0120-6
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: Emma en Nella
Skryver: EKM Dido
Typ: Roman
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781415201206 / ISBN 978-1-4152-0120-6
Sagteband, 15x22 cm, 224 bladsye, Taal: Afrikaans

Beskrywing:

Emma kon nie mooi verduidelik waarom sy so hard geveg het om die verwaarloosde baba wat sy in 'n boks langs die N1 gevind het, aan te neem nie. Sy was enkel en nog nie oor die skok en vernedering van 'n huwelik wat voor die kansel misgeloop het nie. En toe dit blyk dat Nella aan fetale alkoholsindroom ly, was Emma net nog meer vasbeslote. Dit is hierdie ongewone besluit wat Gert, wat Emma laas voor die kansel gesien het, uit die bloute in haar lewe terugbring; wat hom 'n ewe onkonvensionele belofte laat maak.

Hy sal 'n pa vir Nella wees en Emma van 'n afstand help om haar groot te maak. Niks meer as dit nie. Twaalf jaar lank ken dié buitengewone gesinnetjie net klein kwellings en oorwinninkies. Emma is versoen met haar lot in die lewe; selfs gelukkig. Tot die oggend toe sy ontdek haar lieflingskind is met die dwelm tik deurmekaar ... Skielik verander alles en word die ondenkbare moontlik. Emma en Nella is EKM Dido se sesde roman. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.

Auszug aus diesem Buch:

Weitere Empfehlungen zu Emma en Nella