Dorp in die Klein Karoo

In Dorp in die Klein Karoo die skrywer vertel sy herinneringe aan sy jeug.
07-0342
0-628-00032-4
sofort lieferbar
gebraucht
19,95 € *

Titel: Dorp in die Klein Karoo
Skrywer: Abraham H. de Vries
Genre: Kortverhale
Uitgewer: Afrikaanse Pers-Boekhandel
Derde druk. Johannesburg, Suid-Afrika 1973
ISBN 0628000324 / ISBN 0-628-00032-4
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 13 x 22 cm, 83 bladsye

Toestand:

Goeie tostand. Eks biblioteek eksemplar met gewone stempels en plakkers.

Uit die inleiding:

Die skrywer van onder meer „Dubbeldoor", „Vliegoog" en „Kruispad" laat in hierdie boekie die verwikkelde dinge vir 'n oomblik links lê en gee sy herinneringe vrye teuels — dink terug, pen in die hand, aan die dorp van sy jeug en die mense van daardie dorp. Dis nie swaarwigtige herinneringe nie; hy vertel sommer maar hoe hy en Dawid die middag Sjina toe gery het, en van die dag toe die koei op die dorp se voorste spekskieter se skoot loop sit het, van ou Aartappelwortel en Piet Stassen van Patat-takaap, en van Towerkop, die dorp se weerprofeet. ,Jy moet nog loop sit en 'n boek skryf met al die stories van ons ou klomp hier," het een van sy kontrei se mense op 'n dag voorgestel. En dis presies wat Abraham H. de Vries hier doen. Die resultaat is 'n bundel sketse wat tuishoort op selfs die lekkerbekkigste leser se boekrak.

Bladwyser: Dorp in die Klein Karoo

Op pad Sjina toe
'n Groot skrik se spring Klein Karoo toe
Die poskar
Die koei en die tand
Kerssang by pitlamplig
'n Man van twaalf ambagte
In 'n koel voorhuis
Paartielyn
Kalbas
Die spieël