Dieners & Donners

Die misdaadroman "Dieners & Donners" gaan juis daaroor dat die grense tussen polisie en diewe in Suid-Afrika soms maar vaag is.
Nicol, Mike
26146
978-1-4152-0377-4
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: Dieners & Donners
Skrywer: Mike Nicol
Genre: Misdaadrillers
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kapstad, Suid-Afrika 2013
ISBN 9781415203774 / ISBN 978-1-4152-0377-4
Sagteband, 15 x 22 cm, 392 bladsye

Beskrywing:

Hulle kom in die straat opgery in 'n babakakgeel Ford Granada, stadig, verspied die omgewing soos hulle ry. 'n Fluistering van uit-laatgas. 'n Gegrom deur 'n gat uit die verroeste dieptes van die uitlaatpyp. Vier mans in die motor, almal dra donkerbrille. Die bestuurder dra renjaerhandskoene, olyfkleurige renjaerhandskoene. Die ding van hom, sy gesig is enorm en rooi, hy is bekend as die Visserman. Die man agter hom leun terug, sy gesig in skadu gehul. 'n Sigaret wat oor sy onderlip hang. 'n Sigaret wat hang asof hy daardeur asemhaal. Hy het die waansinnige, wilde, blonde hare van 'n branderplankryer. Die vingers van die een in die passasiersitplek is ineengestrengel, maar nie in stille gebed of diep besinning nie. Die man agter hom se glimlag lyk stram, aangeplak, sy arm by die venster uit, 'n glimmende karbonkel van 'n ring aan elke vinger. Hulle brom op 'n slakkepas die straat af inhul babakakgeel Ford Granada. Die mans dra elkeen 'n Browning HP, aangepas vir opskroefknaldempers. Spesifiek vir die opdrag uitgereik. Die een met die Tande dra ook 'n Italiaanse stiletto, sy wapen van keuse. Hierdie een, 'n negeduimlem met 'n hef versier met perlemoenskulp. Pas seepglad in sy intellektuele mondering. Hulle nader die huis. Geen motor in die oprit, die oop tuinhekkie in die lae muur bied toegang tot 'n kort leiklippaadjie wat tot by die voordeur lei. Tande en Blondie klim uit, hul skoensole klap oor die leiklip. Tande klop. Sien dan die deurklokkie, druk dit met sy duim: dieng-dong. [....]

Auszug aus diesem Buch: