Die vrolike lied

Audrey Blignault het gehoor dat Jakaranda in Spaans “die vrolike lied” beteken en hierdie titel vir haar boek verkies.
07-0335
sofort lieferbar
gebraucht
19,95 € *

Titel: Die vrolike lied
Skrywer: Audrey Blignault
Illustrasies: Katrine Harries
Uitgewer: Tafelberg-uitgewers beperk
Eerste uitgawe, negende druk. Kaapstad, Johannesburg Suid-Afrika 1971
Oorspronklike hardeband en stofjas, 14 x 22 cm, 152 bladsye, sommige tekeninge

Toestand:

Plakker op eerste bladsy, verder in goeie toestand.

Beskrywing:

Audrey Bettie Blignault is op Bredasdorp gebore en het die hele tydperk van haar kinderdae daar deurgebring. Sy studeer ses jaar lank aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy die graad M.A. in Nederlands-Afrikaans behaal, die eksamen vir die Sekondêre Onderwysdiploma suksesvol aflê en 'n tweetalige onderwysers-kursus in voordrag en toneelkuns volg. Hier dien sy in die redaksie van Die Stellenbosse Student. Sy is elf jaar lank redaktrise van die weekblad Die Huisvrou en maak terselfdertyd 'n begin met spesiale radioprogramme vir vroue oor die Afrikaanse sender van die S.A.U.K. Van 1946 tot 1952 is sy organiseerster van Vrouerubriek vir die Afrikaanse program in Kaapstad. Vanaf 1955 was sy eers in die redaksie van Naweekpos, en later verbonde aan Sarie Marais. Haar eerste bundel essays In Klein Maat het in 1955 verskyn. Sedertdien het nog sewe bundels van haar verskyn, t.w. Die Vrolike Lied (1957), Met Ligter Tred (1962), Die Blye Dae (1965), Die Plesierboom (1967), Om die Son te Aanskou (1968), Die Verlange loop Ver (1969) en Die Rooi Granaat (1970).

Inhoud: Die vrolike lied

Die Vrolike Lied
Dis Nou Kleinboet
'n Oulap se Rooi
Dogter van Dertien
Drafstap of Drentel
Die Uur van Drome
Tant Hannes
Die Ou Neiging
Die Mangelspook
Ouma Langenhoven se Naaldiverkkissie
Peul en Neurie
Die Ring in die Raaipakkie
Die Strandspieël
Die Suidoos Slaan iveer Toe
Vittery oor Fiemies
Hy kan voor Konings Staan
Aan die Kortste End
Lieiver Bang Jan
Die Bakvissie se Bondgenoot
By die Bron van die Leive
Botlary straat
'n Kivessie van Lewensbeskouing
Die Bitterappeltjies
'n Venster op die See
Die Tang van die Tyd
Vergeet Kom Los
'n Pennie vir die Treintjie
Voorspraak vir Veertig
Die Duinepad
Die Laaste Lag

Auszug aus diesem Buch: