Die dag van die Lord

Die dag van die Lord is ‘n lekkerleesroman wat baie goed nagevors is en vul ‘n deeltjie van daardie spioenasievakuum in Afrikaans.
Kruger, Johan
26186
978-1-4152-0742-0
sofort lieferbar
neu
17,80 € *

Titel: Dag van die Lord
Skryver: Johan Kruger
Genre: Roman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207420 / ISBN 978-1-4152-0742-0
Sagteband, 13 x 21 cm, 304 bladsye

Beskrywing:

Lord Kitchener se Anglo-Boereoorlog het Andries Fourie se lewe verbrysel: hy was tien toe hy moes toekyk hoe die Kakies sy pa se pastorie afbrand en sy kleinboet om die lewe bring. Hierna het die konsentrasiekampe by Standerton en op Ceylon die lot van sy sussie en sy ouers bepaal. Jare ná die Boereoorlog en aan die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog het Andries vir Kitchener in sy visier. Andries is nou ’n jong regsgeleerde in Londen. In ’n wêreld van spioene en verskuilde agendas ontvou sy wraakplan wat hy geheim hou vir Jenny, die jong Skotse vrou op wie hy verlief raak. Van die verbrande aarde by Bethal en Irene tot in Duitsland, die sensorkantore in Whitehall en Windermere ontknoop ’n verhaal deels gebaseer op ware gebeure wat die geskiedenis onherroeplik kon verander het.

Auszug aus diesem Buch: