Die Agterhuis

Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die wêreld.
Frank, Anne
die-agterhuis
9781869191887
nicht mehr lieferbar
neu
14,90 € *

Titel: Die Agterhuis
Outeur: Anne Frank
Vertaler: Lina Spies
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, Suidafrika 2008
ISBN 9781869191887 / ISBN 978-1-86919-188-7
Sagteband, 14x21 cm, 350 bladsye, fotos, Taal: Afrikaans

Beskrywing:

Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die wêreld. Hierin vertel die tienderjarige Anne die aangrypende verhaal van die Joodse gesin Frank se lotgevalle toe hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Anne het die dagboek op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, present gekry. In die volgende maand, toe die vervolging van Jode ook in Nederland te erg raak, soek die Frank-gesin saam met ander ’n Joodse gesin skuiling in kamers agter die kantore van die onderneming waar Otto Frank gewerk het. In haar dagboek skryf Anne neer wat die gesin ervaar, sy lewer kommentaar op die dikwels gespanne verhoudings tussen die lede van die twee gesinne in die beknopte omstandighede en sy doen ook verslag oor die gewaarwordinge en gevoelens van ’n jong meisie in uiters moeilike omstandighede. Die dagboekinskrywings word in Augustus 1944 gestaak toe die “skuilgangers” aan die Nazi’s verraai is en almal na Duitse konsentrasiekampe gestuur is. Otto Frank het die konsentrasiekamp oorleef, Anne se dagboek weer opgespoor en dit laat publiseer. Sedertdien is dit uit Nederlands in vele tale vertaal en is nou ook in Afrikaans beskikbaar.