Dans met armmansdogter

Die roman 'Dans met armmansdogter' is uitermate ontroerend en leesbaar.
dans-met-armmansdogter
978-1-4152-0057-5
nicht mehr lieferbar
neu
22,00 € *

Titel: Dans met armmansdogter
Skryv
er: Pamela Jooste
Genre: Roman
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2000
ISBN 9781415200575 / ISBN 978-1-4152-0057-5
Sagteband, 15 x 22 cm, 350 bladsye

Beskrywing:

Deur die skerp dog liefdevolle oë van die elfjarige Lily beleef ons die lief en leed van ’n bruin gemeenskap waarvan die bestaan deur die owerheid van die tyd bedreig word. Lily woon saam met haar ouma en tante in ’n huis waar mans makeer; in daardie familie is die mans ‘maar taamlik nikswerd.” Haar ma is glo met die trein vort Kimberley toe om te gaan “try vir white”. Dis toe dié beeldskone, woedende moeder van Lily terugkeer die uitsettings met hand en tand te beveg dat die storie van haar verlede, en hul almal se toekoms, tot uitbarsting kom. Met sy publikasie tien jaar gelede in die oorspronklike Engels was Pamela Jooste se debuutroman, Dance with a Poor Man’s Daughter, uit die staanspoor ’n blitsverkoper. Dit was ook die ontvanger van vele bekronings. Nou in Afrikaanse vertaling deur die bekroonde Linda Rode kom die roman 'Dans met armmansdogter' tuis in eie taal en is die belewenis so intens soos altyd.