Arboreta, die heks met die groen hare

In ’n groot, groen woud met bome wat honderde jare oud is, woon daar ’n heks met groen hare. Haar naam is Arboreta.
Scheepers, Riana
arboreta-die-heks
978-1-86919-146-7
sofort lieferbar
neu
12,50 € *

Titel: Arboreta, die heks met die groen hare
Skryver: Riana Scheepers
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, Suid-Afrika 2007
ISBN 9781869191467 / ISBN 978-1-86919-146-7
Sagteband, 21 x 28 cm, 48 bladsye, illustrasies, Afrikaans

Beskrywing:

In ’n groot, groen woud met bome wat honderde jare oud is, woon daar ’n heks wat net so oud as die bome is –’n heks met groen hare. Haar naam is Arboreta. Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wêreld is dat sy nie ’n bose of nare heks is nie:

Sy het nie moesies of ’n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie. Sy wil veel eerder hê dat kinders veilig en gelukkig in haar woud rondspeel. Arboreta is ’n gelukkige heks, maar daar is tog twee goed waaroor sy haar baie bekommer: Wie sal eendag die boomheks van die groot groen woud wees wanneer sy nie meer daar is nie?

En wat sal gebeur as die houtkappers aanhou om so vreeslik baie bome af te kap, sonder om nuwes te plant? Miskien kan die groen dogtertjie wat op ’n dag die woud besoek, Arboreta help om die woud te red … maar hoe?